Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 9 APRIL 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING 2017

AMSAT SDR EN GERAASVLAK WERKSWINKELS

en

MEER BAKENS BENODIG OP 5290 KHZ

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Kennis geskied hiermee dat ingevolge Reël 11.4 van die Grondwet van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die algemene jaarvergadering (AJV) word op Saterdag 6 Mei 2017 gehou by die Bergvallei Landgoed, Muldersdrift in Gauteng. Al die relevante dokumentasie is beskikbaar vir aflaai op die Liga se webwerf in die Lede afdeling.

** Twee werkswinkels op 22 April wat jy nie moet misloop nie. Indien jy in die Weskaap bly, moet nie die AMSAT SDR werkswinkel by die Bellville kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie mis nie. In die Johannesburg omgewing sal daar ‘n werkswinkel oor die stygende RF geraasvlakke wees. Volle besonderhede van hierdie twee gebeure kan op die SARL en AMSAT SA webtuiste by www.sarl.org.za en www.amsatsa.org.za verkry word.

Registrasie vir die AMSAT SA Ruimte Seminaar is nou oop. Registrasie forms is beskikbaar vir aflaai by www.amsatsa.org.za. Registreer vroeg om te kwalifiseer vir die doutrapper afslag.

** Is jou e-pos adres korrek op die Suid-Afrikaanse Radioliga databasis? Kelly by die NARS vra dat lede asseblief moet kyk en hul e-pos adresse opdateer. Wanneer SARL kommunikasie uitstuur word, ontvang Kelly ongeveer 55 e-posse wat onafgelewer is. Gaan na jou roepsein boekinskrywing op die Liga se webwerf en dateer jou e-pos adres vandag op.

** Om meer betekenisvolle navorsing te doen op 5 MHz voortplanting, is meer WSPR bakens nodig op 5 290 kHz, ‘n frekwensie wat aan die Suid-Afrikaanse Radioliga en sy lede gelisensieer is vir hierdie doel. Tans is daar slegs twee bakens aktief ZS6SRL by die NARS en ZS1OA in die Kaapstad omgewing. Bakens word benodig in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal inderdaad in soveel as moontlik liggings rondom Suid Afrika. Tans word interessante voortplanting tussen Kaapstad en Johannesburg opgemerk.

** DXCC Nuus. Midway (KH4) en Kure Eilande (KH7K) is op die lys van geskrapte DXCC-entiteite geplaas, effektief vanaf 26 Augustus 2016. Dit het gekom as 'n onbedoelde gevolg van optrede verlede somer deur die destydse president Barack Obama, wat die uitbreiding van die Papahanaumokuakea Marine Nasionale Gedenkteken om die noordwestelike Hawaii eilande wes van Ni'ihau Eilande insluit, wat dit die grootste aaneenlopende bewaringsgebied onder die Amerikaanse vlag maak. (ARRL Brief)

** Club Log is nou 'n Logboek van Die Wêreld Betroubare Vennoot. Club Log is die eerste log diens wat Betroubare Vennoot status van Logboek van Die Wêreld® (LoTW) bereik het, het die ARRL en Klub Log aangekondig. Radio amateurs wat LoTW "roepsein sertifikate" hou en wat logstate na Club Log opgelaai het, kan nou geredelik dit kruis-pos na die hoogs veilige LoTW - die wêreld se grootste bron vir die bevestiging van amateur radio kontakte.

Die Betroubare Vennoot program omskryf die vereistes vir 'n aanlyn diens om gebruiker inligting met aanvaarbare sekuriteit te stoor. Alle LoTW gebruikers, of hulle deur Club Log werk as 'n betroubare vennoot of nie, is verantwoordelik vir die versekering van die veiligheid van hul inligting. Individue wat staatmaak op 'n betroubare vennoot webwerf vir veiligheid, het aan die vereistes van LoTW en hul vereiste om inligting veilig te stoor, voldoen. Gebruikers wat toelaat dat hul roepsein sertifikate in gedrang kom of wat willens en wetens verswakte inligting ontgin kan die voorreg om LoTW te gebruik en deel te neem aan ARRL-geborgde toekenning programme verloor. (ARRL Brief)

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die volgende Radio Amateurs het aansoek om Suid-Afrikaanse Radioliga lidmaatskap gedoen.

Deon Fraser, ZS5DCF
Michael Smith, ZS5MWS
Dudley Garner, ZR6AFT
MEB Yates, ZR6MEB
Johmar van Zijl, ZS6JVZ

Enige besware teen die genoemde lidmaatskap aansoeke moet die Liga Sekretaris voor of op 12 April 2017 bereik. Besware kan aan die Liga Sekretaris per e-pos gestuur word by secretary@sarl.org.za

** Hoe kan Klubs Amateur Radio bevorder? Daar is omtrent 30 amateur radio klubs in die land en hulle kan almal ‘n belangrike rol speel om Amateur radio in Suid Afrika te bevorder.

1. Die eerste stap is om nie te stagneer nie, maar om nuwe aktiwiteite te skep wat meer aantreklik sal wees vir die rekenaar geletterde en tegnies georiënteerde nuwe generasie.
2. Klubs moet elke poging aanwend om jonger lede te werf. Hou in gedagte dat hulle in ‘n moderne era grootgeword het en hul belangstellings verskil van die ou manne, maar hulle moet amateur radio in gemeen hê.
3. Aangesien hulle rekenaar geletterd is, kan die jonger generasie baie makliker gewoond raak aan digitale kommunikasie en moderne SDR toerusting.
4. Dit is hierdie jonger amateur radio generasie, soos die Hammies, wat eendag amateur radio sal bevorder en die toekoms in sal lei.

** En nou vir baken nuus. Leon Uys, ZR6LU, het begin met baken uitsendings op vyf verskillende maniere in die 40 m-band. Dit begin aan die bokant van die uur en dan elke twintig minute daarna, stuur hy 'n boodskap in WSPR, drie keonde QRSS, stadige Hellschreiber, CWID en uiteindelik JT65B. Meer inligting kan verkry word van sy webwerf by www.zr6lu.co.za of die WhatsApp groep. Leon vra dat jy asseblief vir hom ʼn ontvangs verslag sal stuur wanneer jy hom hoor.

** Die uitslae van die BHF/UHF Kompetisie is bekendgestel. Geluk aan die wenners!

Kompetisie wenners 1ste Been
1ste Carl Minne ZS6CBQ - 132 003 punte
2de Dick Coates ZS6BUN - 95 996 punte
3de Christo Greyling ZS6AUI/4 - 95 354 punte

Basis stasie Onbeberk - Analoog & Digitaal
1ste Dick Coates ZS6BUN - 95 996 punte
2de Harry Holtzhausen ZR6AMC - 9 861 punte

Basis stasie Beperk A – Slegs Analoog
1ste Carl Minne ZS6CBQ - 132 003 punte
2de Jacques Louw ZS4WW - 29 878 punte
3de Pierre Lindeque ZS4PF - 33 693 punte

Basis stasie Beperk 4 Ure
Koos Greyvenstein ZS6KSG - 34 276 punte

Basis stasie Beperk A – Slegs Digitaal
Pieter Jacobs V51PJ - 64 565 punte

Veld stasie Onbeperk
Christo Greyling ZR6AUI/4 - 95 354 punte

Veld stasie Beperk 4 Ure - Multi Operateurs
Derrick Du Plessis ZS1CRG - 9 487 punte

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is relatief stabiel met slegs 'n geringe kans vir 'n M-klas sonfakkel. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer sewe vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Met die dag-nag-ewening hier gaan die 10m band ook gedurended die dag verrassings oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

18 April – Wêreld Amateurradio Dag
22 April – SDR Werkswinkel - Weskaap
22 April – RF Geraasvlak Werkswinkel - NARS
23 April – ZS4 Naelloop
6 Mei – SARL Konvensie en AJV
6 - 7 Mei – Antieke Draadloos Vereniging Buis QSO Partytjie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Kennis geskied hiermee dat ingevolge Reël 11.4 van die Grondwet van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die algemene jaarvergadering (AJV) word op Saterdag 6 Mei 2017 gehou by die Bergvallei Landgoed, Muldersdrift in Gauteng. Al die relevante dokumentasie is beskikbaar vir aflaai op die Liga se webwerf in die Lede afdeling.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003